Friday 14 January 2011

God’s Many Names

God’s Many Names

 


 
God’s Names profoundly declared!

First published By Lizette De Klerk:
http://lizettedeklerk.wordpress.com/2010/12/17/gods-many-names/

JESUS, ons bron van lewe en krag!


Vandag, toe ek weer die foto bestudeer van my pragtige seun wat so vol lewenslus en energie sy fisiese talente vir sy ouers vertoon (foto geneem: Kersaand, 2010-12-25), besef ek toe dat daar ‘n BAIE BELANGRIKE LEWENSLES vir my in hierdie oënskynlike pronkerige pret-gevulde foto opgesluit lê!

Net soos wat my kind fisies sterk geraak het van al sy ge-oefen en oor-en-oor probeer slae, tot hy sy toertjie vervolmaak het en hy dit vir ons NET REG wou wys, vol ekstra woema gepomp van die spesiaal vervaardigde Kersfees weergawe vanuit die botteltjie Coke a Cola, springend van die ekstra kaffeïne wat dit hom gegee het, net so…

…raak ons as kinders van ons Vader God, Koning Jesus, God Heilige Gees geestelik sterker as ons ons geloof oefen, oor-en-oor tot God nader in gebed tot heiligmaking (‘n voortdurende proses), en ons woema, ons krag, kry ons van God se spesiale Kersgeskenk vir ons: Sy Woord wat op die voorgrond van die foto onder die Haleluja boekie uit loer: Die Bybel, wat propvol is van die lewende, onuitputlike bron van lewe en energie, DIE WOORD WAT LEWEND GEWORD HET, ons eie spesiaal voorsienne kaffeïen: JESUS CHRISTUS wat ons harte vol van Sy vrede en blydskap maak tot ons kan opspring van opgewonde dankbaarheid vir Sy Verlossings werk vir ons!!!!

Hoe bevoorreg is ons nie om kinders van ‘n LEWENDE GOD te kan wees nie! Dankie Abba Vader! Haleluja! Amen!

Geseënde Kersfees inderdaad!

Lizette De Klerk
2010-12-27

© 2010-2011. Lizette De Klerk.
All rights reserved worldwide.

First published to: http://lizettedeklerk.wordpress.com/2010/12/27/jesus-ons-bron-van-lewe-en-krag-2/