Saturday 15 June 2013

Ons goeie hoop

Vanoggend se luister na pragtige lofgesang, het my laat besef hoe geseënd ons is om in tye van voorspoed en swaerkry ons te kan wend na ons "Goeie Hoop," wat ons nooit beskaam nie.

Tydens my Bybelstudie vanoggend, sien ek toe: die woord "hoop" verskyn 139 keer in die AOV en "goeie hoop" een maal. Dit laat my toe dink aan hoe Jesus eenmalig ons almal se "beste en enigste hoop" geword het deur Sy lewe vir ons sin te verruil en dat ons lewende God ons enigste ware hoop is in nood.

Ek deel graag die verse met jou, ter erkenning aan ons "Goeie Hoop."

Ps.146:
1Halleluja! Loof die HERE, o my siel! 2Ek wil die HERE prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is. 3Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.4Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan. 5Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God, 6wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat trou bly tot in ewigheid; 7wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los. 8Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief. 9Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom. 10Die HERE is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag! Halleluja!


2Tess.2:16:
En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en 'n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het, 17julle harte vertroos en julle versterk in alle goeie woorde en werke.





Please consider the environment before printing this. Thank you. © 2013. Lizette De Klerk. All rights reserved worldwide.

1 comment:

custom writing service reviews said...

Beautiful post. Made me realize how we tend to forget God and his blessings are just indulged in the wordy affairs. A thought provoking read for people who believe and have faith in God.