Tuesday 21 October 2008

God's Promise to the world / God se belofte aan die mensdom:

Hi daar,

ek wil graag so 'n kort boodsakppie met jou deel.

Ek sluit 'n paar fototjies in van 'n reenboog wat ons onlangs afgeneem het. Hy was so groot dat ek hom in stukke moes afneem, 'n volle halfsirkel van begin tot end. En toe kry hy 'n eggo langs hom. God herinner ons gedurig aan Sy beloftes.


Tydens Thanksgiving word ons weereens op die hart gedruk om te besef hoe geseend ons is, en met groter dankbaarheid te bid vir God se Groot Genade.

Exo 19:4 Julle het self gesien ...dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het.
Exo 19:5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.

(Exo 19:4 Ye have seen what I did unto the Egyptians, and how I bore you on eagles' wings, and brought you unto myself.
Exo 19:5 Now therefore, if ye will obey my voice indeed, and keep my covenant, then ye shall be a peculiar treasure unto me above all people: for all the earth is mine)

Gen 9:11-17 En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie. En God het gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek sluit tussen My en julle en al die lewende wesens wat by julle is, vir ewige geslagte: my boog gee Ek in die wolke; dit sal ‘n teken wees van die verbond tussen My en die aarde. As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke, dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer ‘n vloed word om alle vlees te verdelg nie. As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is. En God het vir Noag gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.

(Gen 9:9-17 And I, behold, I establish my covenant with you, and with your seed after you; And with every living creature that is with you, of the fowl, of the cattle, and of every beast of the earth with you; from all that go out of the ark, to every beast of the earth. And I will establish my covenant with you; neither shall all flesh be cut off any more by the waters of a flood; neither shall there any more be a flood to destroy the earth. And God said, This is the token of the covenant which I make between me and you and every living creature that is with you, for perpetual generations: I do set my bow in the cloud, and it shall be for a token of a covenant between me and the earth. And it shall come to pass, when I bring a cloud over the earth, that the bow shall be seen in the cloud: And I will remember my covenant, which is between me and you and every living creature of all flesh; and the waters shall no more become a flood to destroy all flesh. And the bow shall be in the cloud; and I will look upon it, that I may remember the everlasting covenant between God and every living creature of all flesh that is upon the earth. And God said unto Noah, This is the token of the covenant, which I have established between me and all flesh that is upon the earth.)


Mag jy hierdie belofte jou eie maak.

D C

No comments: