Wednesday 22 October 2008

Verklaar God se Almag of die klippe sal dit uitroep.

Vandag se boodskap:


God het ons geskape tot eer van Sy Heilige Naam. Ons moet Hom loof en prys vir Sy liefde en genade:

Job 7:17 -18 Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee? En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?



Eph 2:4-7 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered — en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.


Luk 19:37-40 En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met ‘n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het, terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele! En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels! En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.



Psa 47:6-9 Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing! Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met ‘n onderwysing. God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.


Groet: 2Pe 3:18 Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

No comments: