Thursday 13 November 2008

Onthou die broederliefde.



Heb 13:1 Die broederliefde moet bly.
Heb 13:2 Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.
Heb 13:3 Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ‘n liggaam het.
Heb 13:4 Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
Heb 13:5 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
Heb 13:6 Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?
Heb 13:7 Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.
Heb 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
Heb 13:9 Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.
Heb 13:10 Ons het ‘n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie;
Heb 13:11 want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word—hulle liggame word buitekant die laer verbrand.
Heb 13:12 Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.
Heb 13:13 Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra.
Heb 13:14 Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.
Heb 13:15 Laat ons dan gedurig deur Hom aan God ‘n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
Heb 13:16 Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het ‘n welbehae aan sulke offers.
Heb 13:17 Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.
Heb 13:18 Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons ‘n goeie gewete het, omdat ons in alles goed wil wandel.
Heb 13:19 Des te meer vermaan ek julle om dit te doen, sodat ek gouer aan julle teruggegee kan word.
Heb 13:20 Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,
Heb 13:21 julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.
Heb 13:22 En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe.
Heb 13:23 Julle moet weet dat die broeder Timótheüs vrygelaat is, saam met wie ek julle sal sien as hy spoedig kom.
Heb 13:24 Groet al julle voorgangers en al die heiliges. Die wat van Italië is, groet julle.
Heb 13:25 Die genade sy met julle almal! Amen.
*****************************************************************************

Heb 13:1 Let brotherly love continue.
Heb 13:2 Do not forget hospitality, for by this some unknowingly took in angels as guests.
Heb 13:3 Be mindful of the prisoners, as having been bound with them; of those ill-treated, as also being in the body yourselves.
Heb 13:4 Marriage is honorable in all, and the bed undefiled; but God will judge fornicators and adulterers.
Heb 13:5 Set your way of life without money-loving, being satisfied with present things; for He has said, "Not at all will I leave you, not at all will I forsake you," never! Deut. 31:6
Heb 13:6 So that we may boldly say, "The Lord is my helper, and I will not be afraid. What shall man do to me?" LXX-Psa. 117:6; MT-Psa. 118:6
Heb 13:7 Remember your leaders who spoke the Word of God to you, considering the issue of their conduct, imitate their faith:
Heb 13:8 Jesus Christ, the same yesterday and today and forever.
Heb 13:9 Do not be carried away by various and strange doctrine; for it is good that the heart be confirmed by grace, not by food, in which those walking in them were not profited.
Heb 13:10 We have an altar of which those serving the tabernacle have no authority to eat.
Heb 13:11 For of the animals whose "blood is brought" by the high priest "into the Holy of Holies" concerning sins, of these the bodies "are burned outside the camp." Lev. 16:2, 27
Heb 13:12 Indeed, because of this, in order that He might sanctify the people by His own blood, Jesus suffered outside the gate.
Heb 13:13 So let us go forth to Him outside the camp bearing His reproach.
Heb 13:14 For we do not have here a continuing city, but we seek the city coming.
Heb 13:15 Then through Him let us offer up a sacrifice of praise to God always, that is, the fruit of the lips, confessing to His name.
Heb 13:16 But do not be forgetful of doing good and sharing, for God is well pleased with such sacrifices.
Heb 13:17 Yield to those taking the lead of you, and submit, for they watch for your souls, giving an account, that they may do this with joy, and not with grieving; for this would be unprofitable to you.
Heb 13:18 Pray for us, for we are persuaded that we have a good conscience, in all things wishing to behave well.
Heb 13:19 But I much more urge you to do this that I may sooner be restored to you.
Heb 13:20 Now the God of Peace, He leading up out of the dead, the great Shepherd of the sheep, in the blood of the everlasting covenant, our Lord Jesus,
Heb 13:21 perfect you in every good work, in order to do His will, doing in you that which is pleasing in His sight, through Jesus Christ, to whom be the glory forever and ever. Amen.
Heb 13:22 And, brothers, I exhort you, endure the word of exhortation, for I indeed wrote to you by a few words.
Heb 13:23 You know the brother, Timothy, having been freed, with whom if I come sooner, I will see you.
Heb 13:24 Greet all those leading you, also all the saints. Those from Italy greet you.
Heb 13:25 Grace be with you all. Amen.

No comments: