Thursday 24 November 2011

Dankie vir JOU, van DotV admin.

Aan alle DotV ondersteuners:

Goeie môre vanuit Calgary!

Baie dankie vir jou ondersteuning van Day of the Vow en wonderlike bydrae tot Geloftedag en dat jy deel in van ons (tragies om te moet sê: baie klein en beskeie) Geloftedag Herdenkinge.

Ons nooi jaarliks 'n groot hoeveelheid Suid-Afrikaners en ex-pats uit om Geloftedag te herdenk, maar daar is tragies maar min wat hulself gebonde voel tot die 1838 gelofte.

Let op dat ons sê "Herdenking" en nie "fees" nie. Dit verduidelik die aanslag van ONS byeenkomste: God-gefokus, en nie mens-gerig nie.

Dankie vir jou goeie werk. Maak gerus gebruik van ons Day of the Vow Facebook blad om bewusmaking te bevorder van die belangrikheid en relevansie van Geloftedag, en deel asb. enige beeldmateriaal en nuwe gebeure omtrent die en verbandhoudende onderwerpe.

Ek versoek net dat dit sover moontlik: moderne polities neutrale plasings bly, dat hul fokus die herkoms en kultuur van die Voortrekkers en hul nasate sal bevorder, en mees belangrikste: dat dit God sal verheerlik en dat Hy verkieslik die eersteplek sal hê en bly behou in die filosofie van die boodskapper en boodskap.

DotV verneem graag weer van jou. Mag jy 'n geseënde Geloftedag geniet op 16 Desember 2011.

Groetnis van huis tot huis!

Alle seën,

Lizette De Klerk
Kanada

www.facebook.com/DayOfTheVow

© 2011. Lizette De Klerk
Alle regte voorbehou.

No comments: