Tuesday 13 December 2011

Teen-pornografie aksie benodig voor 15 Des

Oproep om aksie vanaf FINESSE

Beste FINESSE leser,
Help asb. om jou eie en ander Suid-Afrikaanse gesinne te beskerm teen pornografie!

Verskeie pornografie kanale kan moontlik binnekort op Suid-Afrikaanse TV uitgesaai word.
ASI beplan om vanaf Januarie 2012 die pornografie kanaal PSat op die kassie te kry. Die eienaars van TopTV het ook aansoek gedoen vir lisensies vir 3 pornografie kanale.

Volgens ICASA se woordvoerder, Paseka Maleka, is geen lisensie al uitgereik nie. 'n Besluit sal egter geneem word na 'n publieke verhoor. Maleka kon nie bevestig wanneer die verhoor sal plaasvind nie, maar meen dat die tydperk vir publieke opinie reeds verby is. Hy sê egter dat indien daar oorweldigende reaksie is, dat besluitnemers wel daaraan aandag sal gee.

FINESSE is 'n leefstyl tydskrif vir christenvroue en voel dit is ons plig om ons land se vroue, hulle mans en kinders te help beskerm teen die verwoestende uitwerking van pornografie. Daarom doen ons 'n dringende beroep op alle Suid-Afrikaners om DIE AMPTELIKE PETISIE TEEN PORNOGRAFIE KANALE IN SUID-AFRIKA te onderteken voordat dit op 15 Desember 2011 aan ICASA oorhandig sal word.

Kliek hier en onderteken die petisie:

http://www.voelgoed.co.za/index.php/cms/contentview/action/view/frmCategoryId/54/frmContentId/7450/Title/PETISIE-TEEN-PORNOGRAFIE-KANALE/


NB – Dit kan ongelukkig nie d.m.v. 'n blackberry of ander slimfoon onderteken word nie!

Groete
FINESSE span

Stuur gerus aan! Dankie.

Groete,
Lizette

Vanaf my publieke epos adres.

----------------------

PREVENT SPAMMING. IF YOU ARE FORWARDING THIS MESSAGE, PLEASE REMOVE MY (THE SENDER'S) EMAIL ADDRESS AND USE THE BCC ADDRESSING BOX.

Please consider the environment before printing this message.

This communication is solely intended for the addressee. If you received it in error, kindly notify the sender immediately and delete all copies. Thank you.
-------------------------------
Sent from my iPhone.

No comments: