Friday 16 December 2011

Wat Impliseer die Gevalle Geestelike Status van Afrikanerdom

As groep admin van my ou skool almamater, plaas ek vandag 'n seënwens aan GELOFTEDAG HERDENKERS, en kry toe 'n merkwaardige reaksie van 'n ander alumnus (sien fotos).



Dit is tragies dat ons volksgenote God nie meer wil eer nie omdat hul wêreld verander het.



Lees verder onder en lewer asseblief jou kommentaar.


Volledige plasing:

As groep admin van my ou skool almamater, plaas ek vandag 'n seënwens aan GELOFTEDAG HERDENKERS, en kry toe 'n merkwaardige reaksie van 'n ander alumnus (sien fotos).

Dit is tragies dat ons volksgenote God nie meer wil eer nie omdat hul wêreld verander het.

Lees verder onder en lewer asseblief jou kommentaar.



My reaksie aan Meneer Lubbe:

"Nie te lank gelede nie het my ou almamater nog Geloftedag gevier. Was DHS toe siek, ens?

Hierbo het ons dus 'n tipiese voorbeeld van hoe mens NIE 'n Gelofte aan GOD moet beskou nie, mede Afrikaners, want GOD slaap nie en HY laat Hom nie bespot nie.

Gaan lees maar JOU geskiedenis en kyk God in Sy gesig en sê vir HOM JY staan nie onder volksverpligting om ons Afrikaner voorsate se gelofte na te kom nie. Hy sal jou jou loon vergeld!

As jy aan die HERE jou God 'n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word. - Deut.23:21

SONDE wat gestraf SAL WORD!!!

As iemand aan die HERE 'n gelofte doen of 'n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan. - NUM.30:2

Laat ek en my huis maar siek wees in die oë van lasteraars en spotters, maar God sal ons verhoor! Ons gedenk 16 Desember selfs hier in die buiteland (Kanada), want dit was 'n gelofte aan die ALLERHOOGSTE.

Gelofte bewoording:
The wording of the Vow is:

Afrikaans: Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ʼn gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ʼn dankdag soos ʼn Sabbat sal deurbring; en dat ons ʼn huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.


English: Here we stand before the holy God of heaven and earth, to make a vow to Him that, if He will protect us and give our enemy into our hand, we shall keep this day and date every year as a day of thanksgiving like a sabbath, and that we shall erect a house to His honour wherever it should please Him, and that we also will tell our children that they should share in that with us in memory for future generations. For the honour of His name will be glorified by giving Him the fame and honour for the victory. - WEG Louw


Meer info oor Geloftedag hier:
Www.facebook.com/DayOfTheVow "

En Facebook groepe soos
Moet nie ophou... En
1 Miljoen Boere...

VIDEO: http://www.youtube.com/watch?v=w0jiyxDxJlg&feature=youtube_gdata_player

(SUID) AFRIKANER, onderhou die gelofte, want soos met die nagmaal, plaas jy 'n oordeel oor ons nageslag as jy dit nie REG en MET ERNS of in die geval GLAD NIE doen nie!

Dankie HERE JESUS vir u genade onbeskryflik groot, vir u beskermende hand so onverdiend, en u liefde en alom teenwoordigheid wat alle verstand te bowe gaan. Aan u al die eer met lofprysing en nederige danksegging. Amen.


© 2011. Lizette De Klerk











----------------------

PREVENT SPAMMING. IF YOU ARE FORWARDING THIS MESSAGE, PLEASE REMOVE MY (THE SENDER'S) EMAIL ADDRESS AND USE THE BCC ADDRESSING BOX.

Please consider the environment before printing this message.

This communication is solely intended for the addressee. If you received it in error, kindly notify the sender immediately and delete all copies. Thank you.
-------------------------------

No comments: